Herwining is nuttelose afval wat herwin kan word en dan in 'n nuwe produk omskep word. Dit is baie belangrik om te herwin, want ons moet die hulpbronne van die aarde bespaar.
Materiale wat herwin
kan word:

  • Papier- Afval korante, tydskrifte, ontbytgraanbokse, toiletpapies en snesies, papierhandoeke, bruinpapiersakke eierhouers, en boustowwe soos isolasie materiaal, pleisterborde en dakbeddeking ens.
  • Glas- Koeldrank en drankbottels ens.
  • Plastiek- Plastieksakke, plastiekbottels, plasteik bakkies ens.
  • Metale- Staal, koper,goud, platinum ens.
  • Aluminuim- Drankblikkies, tinfoelie-borde, tuinmeubels, geute en deur- en vensterrame ens.